My Inskrywing
Trinity high



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Nadat ek aan die Statebondspele deelgeneem het en terug was op Sui-Afrikaanse grond, was my matriekdans om die draai. Ek het hoog en laag gesoek en elke rok wat ek aangepas het, het net die “wow” faktor gehad nie, ek wou nog altyd 'n rok gehad het wat uniek was, stylvol, elegant, maar tog iets wat uitstaan. Vola boetiek het my droomrok van papier tot finale produk in slegs een baie kort week tot lewe gebring. Dit was net perfek met blinkers en fyn detail, maar steeds simplisties met ‘n unieke ontwerp; ‘n stywe kort rokkie bedek met ‘n helder, vloeiende rooi romp. Hierdie rok is so spesiaal, alles waarvoor ek van kon droom en meer, ek het die rok met selfvertroue gedra, ek het werklik soos ‘n prinses gevoel.