Muzaan Dreyer

Pietersburg Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het 'n unieke styl met sagte, lang moue en ń oop rug in die vorm van 'n u. Die lang sleep na agter dra by tot 'n sagte, romantiese gevoel. Die ontwerper het 'n laag bruin net onder die blink, rose gold bolaag gebruik wat bydra tot die duursaamheid van die rok. Die glaskrale en rose gold detail dra verder hiertoe by en vang die lig van die son daarin vas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het een dag in graad 10 op Pinterest rond gekyk na matriekafskeidrokke om 'n idee te kry van wat beskikbaar is. My graad 10-maats het op daardie stadium oor die matriekmeisies van daardie jaar se rokke gepraat. Ek het op 'n pragtige trourok afgekom waarvan ek dadelik gehou het. Intussen het ek steeds bly rondkyk, maar geen ander rok het daarna ooit weer my oog gevang nie. Die ontwerper van my rok het my gehelp met 'n paar aanpassings en my idee 'n realiteit gemaak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is lief vir elke stukkie van my rok. Die sleep, die moue, die detail van die beltjie wat my middel beklemtoon en die pragtige, blink materiaal. Maar as ek moet kies, sal ek definitief sê dat die oop rug in die spesifieke vorm daarvan my gunsteling deel is.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media