Morgan Graham

Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons was oorspronklik van plan om 'n rok te laat maak….ek het honderde fotos en idees gehad.
Ek het die materiaal gekies en die persoon wat die rok sou maak het mates geneem en ons was reg. Toe dwaal ek en my Ma nog so rukkie in die winkels rond en ek besluit toe om by een winkel 'n paar rokke aantepas. Ek het omtrent 6 rokke aangepas en my rok was die laaste ene wat ek toe aantrek……nog voordat ek die rok aangetrek het was ek verlief en geweet dit is die een, dit is my rok.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media