Monja Neethling

Hoërskool Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van kleintyd af het my ma gesê dat ek ‘n rokontwerper se grootste nagmerrie sal wees omdat ons vir n groot deel van my lewe gedink het dat ek in opgeknipte jeans wat aanmekaar gewerk is en plakkies by my matriekafskeid sou verskyn. Die liggrys en vlees rok, besprinkel met goue krale was definitief die beter alternatief. My rok is deur Ilse Roux ontwerp en op my lyf aanmekaar gesit sodat dit perfek vir my sal pas. Hierdie rok is iets waarin niemand my ooit sou voorstel nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het tot en met my eerste afspraak met die ontwerper nie die vaagste benul gehad wat ek met my rok wou doen nie. Die woord “bosfeetjie” het in my kop opgekom en so het ons ‘n rok uniek ontwerp, dat daar nie eens ‘n inspirasie foto vir hom was nie. Daar bestaan werklik net een van dié rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sonder enige twyfel die bostuk van die rok. Elke kraletjie is deur Ilse Roux met die hand opgewerk om die regte dimensie op my liggaam te skep. Sy het gesê dat die rok geskik is vir koninklikes.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media