Monique van Niekerk

Hoërskool Lutzville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ń spesiale ontwerp wat uit ń klomp prentjies en drome bestaan. Elke prentjie wat ek vir Roxanne gewys het het ń storie agter die keuse gehad en my rok is ń goeie beskrywing van my persoonlikheid ook. Die bokant se sagheid beskryf my persoonlikheid en die dubbel bandjies op my rug het ek eers gekies omdat dit mooi is , maar nou dat ek daaraan dink is die bandjies die stap tussen kinder-en grootmensjare. Dit loop so naby aan mekaar en binne een oogwink is dit teenaan mekaar (soos wat jou rug beweeg as jy dans) dit wys hoe vinnig die tyd verby gaan. Die slit by my linker been beteken vir my dat niemand perfek is nie. My rok was perfek sonder die slit gewees , maar ek wou een gehad het vir mooigheid en ook om te wys dat elke liewe keuse wat jy maak in die lewe jou op die ou ent op die regte pad sal bring. Die frilletjies by my slit wys vir my dat die lewe maar sy ups-en downs het , maar dit bly steeds mooi. Ek wou nog altyd ń blou rok gehad het , nie net omdat blou my gunsteling kleur is nie , maar ook omdat dit vir my aan ń sprokie laat dink en partykeer voel dit vir my of ek in ń sprokie lewe.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media