Ek wou n rok hê wat iets anders is,anders as die gewone.Ek het verskillende fotos van verskeie rokke gevat en dit as een gekombineer.Die rok is gemaak met 4 verskillende materiale waarop daar fyn geditaleerd is om te verseker dat daar geen rok soos myne sal wees nie. Die patroon vorm onder op my rok gee n beeld van n ys berg. Die rok het 7 maande gevat om te ontwerp met n unieke patroon voor en agter. Die broek wat deel vorm van my rok was baie belangrik juis vir gemaklikheid.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Tuine
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets hê wat n beeld skep van vreugde en helderheid. Die silwer en grys voel elagant en skoon wat mooi pas by my vel asook persoonlikheid. Dit is baie belangrik vir n meisie om in ag te neem wat nie net wil goed voel nie maar ook wil sprankel op so groot aand.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunstelling deel van my rok was die unieke patroon en baie blinkers wat virseker dat ek sal blink in die lig. Die gevoel daarvan het my drome van klein tyd af se mooi prinsess rokke na lewe gebring.
Die silwer kleur is vir my n skoon elegante kleur wat almal meestal wil vermy.