Monè Jansen van Rensburg
Hoërskool Wesvalia



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het nog altyd geweet ek soek 'n sprokiesverhaal-tipe rok…en dis presies wat
ek gekry het! Ek het al in graad 8 besluit dat ek 'n GROOT balrok soek met 'n lang
trein. My rok bestaan uit verskillende skakerings van "French pink" met 'n
gedetailleerde bokant. Anel Botha Couture is die ontwerper wat hierdie droomrok
'n werklikheid gemaak het. My gunstelling deel van my rok is beslis die oop rug.
Ek het elke oomblik in die rok soos 'n prinses gevoel!