Mizelle Terre’Blanche
Ferdinand Postma Hoërskool, Potchefstroom



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ons almal verdien om in hierdie harde werklikheid vir een aand soos 'n sprokiesprinses te voel, maar al lui die klok weer middernag, sal die Here se skoonheid in ons elkeen, agter al die optowering, die mooiste rok wees wat ons elkeen kan dra. Met my pragtige teal rok wat deur Werner Dey ontwerp is, is dit duidelik dat ek mal is oor blomme, en dat my ma van haar blink steentjies hou, wat eerder op my danskostuums behoort. My rok is ek en ek is Mizelle!