Mischké Rossouw



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
As 'n meisie wat siek geraak het op 'n jong ouderdom met Epilepsie wat veroorsaak het dat ek oorgewig raak. Het ek nooit gedink ek sou my sprokies verhaal kon lewe met my perfekte matriekafskeid rok nie.
Ek het my sprokie gevind nadat ek op 'n goeie pad met my gesondheid begin stap het. En 35 kg verloor het wat ek onnodig gekry het van medikasie af. Ek het nooit gedink dat dit my rok sal wees nie en dat die manier sou wees hoe my sprokiesverhaal sou afspeel nie. Maar ek is so bly en dankbaar vir elke oomblik en persoon wat dit moontlik kon maak.
Die rok was meer as perfek gewees en ek kon myself wees en tevrede wees met my liggaam vir wie en wat ek is. Ek het verwaarlik soos 'n regte prinses gevoel
Ek het 'n stywe rok gedra wat 'n mengsel van roos goud en goud was. Met 'n oorromp van drie verskillende kleure en 'n pêrel laag bo-oor.
Dit was eenvoudig die mees perfekste,komplekse, blinkerige rok vol pêrels,beeds en blomme waarvoor ek kon vra.