Mischa White



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Mischa is n' boekwurm rabbedoe wat hou van jag en nooit grimering dra of veel "opdress" nie.
Tog het sy n' ander kant vol van romantiese drome van "magical creatures", helde en heldinne en haar rok is gegrond op die boekreeks "A Court of Thorns & Roses" deur Sarah J Maas.
Swart was haar keuse, en sy wou klassiek, uniek, soos n' romantiese sterk heldin lyk, darom die 2 vloeiende vlerke wat van haar skouers afhang, die swart skitterende kraletjie materiaal wat glinster in die lig met elke beweging. Sy wou ook n' klein bietjie "stylvolle sexy" inbring, vandaar die deurskynende geborduurde krale linkersy en korset.
Maralize van MC Design het haar visie gesien, en met n' korset wat nie wou opdaag nie, vele veranderinge elke keer as Mischa gaan aanpas het (6 keer) is die rok omskep in die droom van n' plaasmeisie en die harde werk van n' ontwerper wat stukkies krale materiaal stukkie vir stukkie moes knip en vaswerk om die regte vloei te kry van swart vlamme.
Mischa se outydse haarstyl, asook die sagte grimering met net n' titseltjie glitter het haar omskep in n' asemrowende nimf wat almal se asems weggeslaan het.