Miquette Eloff

Hoërskool Parel Vallei

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Wat my rok so uitsonderlik maak is dat dit uit 3 stukke bestaan wat ook apart gedra kan word. 'n Kort broek wat gemaak is om presies te pas, 'n wye semi deursigtige romp en korset. Die romp word aan die korset geruig deur die fyn blomme. Mens kan nie eers sien waar die een begin en ander eindig nie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Parel Vallei

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My ontwerper Adriana Van Rooyen het 3 kostuums gemaak vir my vir die drama seisoen se ATKV tienertoneel en my so baie goed leer ken. Toe sy instem om my rok te maak was die een ooreenkoms dat dit my persoonlikheid moet weerspieël, niks voorspelbaar nie. En ook dat ek weer nut daaruit moet kan kry. In haar woorde: Dit mag nie boring wees nie! `n Voorwaarde wat beslis `n rol gespeel het.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis onmoontelik om een stuk van my rok uit te kies, ek het soos 'n prinses gevoel. Dis die korset, die kortbroek en die romp met al die fyn werk wat my spesiaal laat voel het maar ook so gemaklik, tuis in my eie vel. Die ruig van die romp aan die korset deur die fyn blom werk was die begin van my klein dogtertjie sprokies drome.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media