Minyonne Schutte
Hoërskool Outeniqua



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Hierdie rooi nommertjie het ons gehuur by Livia & Co in George. Dit het my soos 'n perfekte handskoen gepas … die vorm van my lyf, die kleur van my hare en oë en natuurlik my gemaklike en speelse persoonlikheid. Vir die aand was die rokkie myne! 'n Rooi skepping was my hartsbegeerte en geen ander kleur het ooit 'n kans gestaan. My matriekafskeiddroom het 'n werklikheid geword.