Minke Vermeulen
Hoërskool Rustenburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Vir my matriekafskeid rok wou ek graag iets gehad het wat my persoonlikheid sou weerspieël. Ek wou graag die rok dra ek wou nie hê die rok moet my dra nie. Saam met my ontwerper Jana van Silver Swallow Designs glo ek het ons dit reg gekry om my droom ‘n werklikheid te maak, iets anders nie ernstig, maar steeds stylvol en uniek.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Rustenburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die idee vir my rok was eintlik ‘n kombinasie van twee rokke gewees. Die onderkant was nog altyd ‘n styl wat ek van gehou het, en Jana het net geweet hoe om dit perfek te doen. Die kleur was nooit eers vir my ‘n kwessie nie ek het van die begin af geweet ek soek groen en dit was die presiese groen wat ek in my kop gehad het. Ek het geweet my rok gaan besonders wees maar die eindresultaat het my verwagtinge oortref.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek kan eintlik niks uitsonder nie, my hele rok was my gunsteling, die pragtige sjampanje goud wat vir die bokant gebruik is, die valle aan die onderkant, die lae rug, die slit wat net reg was, elke aspek van my rok was vir my ‘n gunsteling.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19