Minke van Zyl

Hoer Meisieskool Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is soos 'n verkleurmannetjie, dit is of rooi, of oranje of Pienk, die oomblik bepaal die rok se kleur. Mamma hou van Pienk en weereens Pienk, ek wou 'n oranje rok gehad het en toe ons by tannie Liezl kom, het sy letterlik ons 3 kleure by mekaar gevoeg en my droomrok ontwerp. Sonskyn, vrolik, lig en wat my soos 'n prinses laat voel het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoer Meisieskool Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou op die mooiste aand van my skool loopbaan voel soos 'n prinses, ek wou skitter in my rok, maar dit moes ook en stylvol wees. Ek wou graag my sprokiesverhaal met modern kombineer, maar terselftertyd moes ek gemaklik en ontspanne voel. My droom was bewaarheid !!!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit was perfek! Om die aand saam met my vriendinne te kon deel in my mooiste rok was iets besonders. Tydens die foto sessie het die weer vir 'n minuut opgeklaar en kon die fotograaf 'n foto neem met 'n reenboog in die agtergrond. Haar woorde op daardie stadium was: "Minke daar maak Liewe Jesus selfs die hemel oop om vir jou te koekeloer en te laat weet hoe mooi jy lyk" My dag was volmaak.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media