Minke Joubert

Hoërskool Nelspruit

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My matriekafskeidrok is ontwerp as ‘n elegante A-lyn styl met n reguit moulose bokant. My rok is oorwegend blou met n roomkleur onderlaag, wat die blou blinkers op die materiaal laat uitstaan en ekstra baie blink. Ek het die voorreg gehad om saam met Lynmarie Griffioen die pad te stap om die perfekte rok vir my te ontwerp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Nelspruit

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou op my matriekafskeid soos n prinses voel, daarom het ek gekies om my rok in die beeldskone A-lyn styl te ontwerp. Ek wou ook graag n blink en helder materiaal gebruik om by my persoonlikheid te pas. Ek dink dit was die perfekte kombinasie vir hierdie spesiale glansgeleentheid.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is definitief die helderblou blinker-materiaal. Die kleur het my blou oë laat uitstaan en die blinkers het in helder sonlig, op die dansvloer en op die rooi tapyt gesprankel wat my nog meer soos myself laat voel het. Soos ek rondbeweeg het in my rok het daar los blinkers van my rok af geval, so ek kon met sekerheid sê: “Leave a little sparkle wherever you go”

Datum van matriekafskeid?

2024-07-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media