Minke du Toit
Hoërskool Bredasdorp
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het al in 2021 my plek bespreek by Petri van der Merwe designs op Bredasdorp. Haar insig en ondervinding het my rok buitensporig perfek laat uitdraai. Ek en sy het gesels en kop gekrap oor my moet hê elemente en voorskrifte en verder het sy dit lewe gegee terwyl ek deurgaans betrokke was.
Ek wou hê my rok moet my lyf en my persoonlikheid se beste uitbring. Mense is geneig om na my te kyk en te sien lang, sterk sportvrou, gedetermineerde dame en natuurlik plaasgirl. Ek voel my rok het my eintlike sagtheid weerklink.
Ek is verlief op die lae hals, oop rug, lewendige voorkoms van die materiale en my sleep!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Bredasdorp
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Derduisende fotos op sosiale media oor die afgelope jaar of wat en beslis goeie selfkennis. Ek weet wat werk vir my en waarin ek gemaklik, elegant en net Minke voel. Ek het van die begin af geweet dit help nie om teen hierdie feite te veg nie. Hoe beter ek dit in my rok kon inkorporeer, hoe meer tevrede sou ek uiteindelik wees. En ek is BESLIS!
Petri, my Ma en selfs my Pa, wat ‘n konsultasie saam met my bygewoon het, se bydraes lê vasgevang in elke foto, my heerlike gemaklike aand en vir ewig in my hart.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die hart van my rok is die bostuk. Inderwaarheid word die hele rok se struktuur gedra deur die drie fyn bandjies om my middel, en rus die twee lae komplimenterende blou materiaal op my heupe. Ek is versot op die smaakvolle lae hals, my oop rug en die fynheid van die bostuk in totaliteit. Ek het van die begin af geweet ek wil nie iets nousluitend dra nie want ek is lief vir dans en dit kan die lewe moelik maak. Die kleur van die rok en blinkerbolaag het my rok laat uitstaan, die volume van die romp was net genoeg en ek voel die sleep het net die hele prentjie afgerond
Dis effe buite my gemaksone om myself op te tof en die eindproduk in ‘n spieel te waardeer. Maar… laatmiddag 19 September, terwyl ek gejaag het om betyds te wees vir my fotos en die Galaxy blou rok oor my skouers gly kon ek met ‘n sekerheid na myself kyk en sê… ek voel mooi! Die kaalvoet loop op ons plaas se grondpaaie, skape nader bring as my pa mooi vra met die lug se Galaxy blou agtergrond was in daai oomblik saam met my - op my hakke en agter my mooi grimering.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19