Minke de Wet

Hoërskool Jim Fouche

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

“Die silwer ‘spatsels’ het my laat dink aan verf wat oor ‘n skilderdoek gegooi word. Dis net so jy, so kreatief.” Was my sussie se woorde toe ons deur die foto’s flits. My rok het my kreatiewe geaardheid tot die laaste garingtjie weerspieël. Ek het werklik gevoel dat ek my drome van prinses speel kon vrylaat. Hierdie rok was gekies omdat ek werklik gevoel het ‘dis die een’. My matriekafskeid kon ek in oorgawe geniet in die gemaklikheid van my persoonlikheid-weerspieëlende-prinsesrok.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media