Minette Burger
Hoërskool Pietersburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My matriekafskeidrok was 'n opvallende, unieke rooi skakering. Die bo-kant was versier met fyn blomme, ingeweef met klein steuntjies vir subtiele detail. Die rok het ’n elegante oop rug met fyn krale aan die strappies agter. Aan die kant was daar ’n hoë slit, met klein, sagte steuntjies wat later bygevoeg is vir ekstra detail. Die rok het ook ’n sleep gehad wat pragtige beweging getoon het terwyl ek oor die rooi tapyt gestap het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is van nature baie besluitloos, so toe ek by Carmen White aankom, het ek nog nie presies geweet wat ek wou hê nie. Ons het verskeie rokke aangepas om die perfekte kleur en vorm vir my rok te vind. My pa het uiteindelik op die unieke rooi kleur besluit, en dit was op daardie oomblik dat ek geweet het ek wil ’n rok hê wat my figuur beklemtoon. Carmen het toe begin skets, en soos sy gewerk het, het my idees stadig maar seker begin vorm aanneem. Al die besluite rondom die rok was onverwags, maar elke element het op die mooiste manier saamgekom.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok was die fyn detail aan die bokant – die delikate blomme en subtiele steuntjies het die rok lewendig en uniek laat lyk. Hierdie klein besonderhede het regtig die elegante en kreatiewe ontwerp beklemtoon, wat dit vir my ekstra spesiaal gemaak het.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-17