Minet Brits
Hoërskool Randburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek het as klein dogtertjie nog altyd geweet dat ek ‘n “show stopper” rok wil hê, waaroor mense nog maande na die tyd gaan gesêls. Daarom het ek besluit op ‘n tweekleurige rok wat in 2 rokke kan verander. Ek het ook ‘n klomp klein idees gehad wat ek wou inkorporeer in die rok en dit was beter as wat ek voor kon wens.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Randburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd hierdie dryfkrag in my om “bold” te wees. Ek weet dit kom 100% van my verlosser af, Jesus, wat sê ons moet “boldly” lief hê. Ek wou vir mense wys dat wat jy hier op aarde doen, vir ewig ‘n indruk en impak op ander gaan hê. Daarom het ek besluit om ‘n positiewe indruk te los.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My heel gunsteling gedeelte van my rok is defnitief die bietjie rooi in my rok se slit wat wys, dit maak mens wonder omdat jy nie die volle prentjie kan sien nie. Vir my verteenwoordig dit hoe ons as matriek nie weet wat vir ons voorlê in die toekoms nie, maar nie kan wag vir wat kom nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20