Miné Elsa de Villiers
DF Malan
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is n diep rooi kleur. die ontwerp kan beskryf word as 'n mou-lose, lang aandrok. die boonste helfte van die rok is so gemaak om styf te sit en te eindig by die romp in n 'dropped-waist' styl aangesien ek my bo-lyf wou verleng om die lang romp uit te balanseer. Die romp gedeelte eindig op die vloer en word deur 'n 'mesh'-onderrok uitgestoot om n romantiese en sagte gevoel en lyk te gee. Dié ontwerp keuse is gemaak aangesien ek nie veel van my bene hou nie en dus ook n styl rok wou kies waarin ek gemaklik en goed sou voel. Boonop dink ek dat die 'side-slit' oordoen is en ek iets anders wou bybring by die jaar se matriekafskeidrok-arena. Tog wou ek die wye romp onder uit balanseer en dus het ek besluit om die bokant styf teen my lyf te laat sit.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af was ek altyd gefassineer deur geskiedenis. Die avonture van Indiana Jones het my verbeelding aangegryp, terwyl Michelle Moran se boeke my diepgaande insig gegee het in die lewens van historiese figure. Dit was nie net vermaak nie, dit het my ’n liefde vir die verlede gegee. Hierdie liefde vir die ou tydperke het my besluit beïnvloed toe ek my matriekafskeid-rok begin ontwerp het. Ek wou iets hê wat die skoonheid, grasie en elegansie van die historiese vroue wat ek bewonder, weerspieël. Net soos koninklikes en groot leiers van die verlede, wou ek majestueus voel op daardie spesiale aand. Daarom het ek gekies om ’n rok te dra wat ’n klassieke, oudtydse gevoel het, iets wat my passie vir geskiedenis en my bewondering vir die styl van vervloë dae vasvang.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dit sal definitief die romp moet wees aangesien dit vreeslik mooi gedans het en vir my soos n regte sprokies-prinses laat voel het. Ek was n baie sku-kind en het baie rustigheid en vrede in sprokies prente soos Cinderella en ander Disney films gevind. Dus was dit n regte droom wat waar geword het dat ek so 'n rok kon laat prakseer. Dan kan ek ook nie vergeet dat ek twee diep sakke in my rok se romp gehad het nie waarin ek my foon, lipstiffie en ander noodsaaklikhede gedra het vir die aand. Geen handsakkie was dus nodig nie en het ek dit geniet om nie die heeltyd hoef te dink dat ek iets sou kon vergeet nie.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19