Mindi van Zyl

Merrifield College

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is olyfgroen met kant wat lyk soos blare en takke wat oor my rok groei. Die olyfgroen van my rok stop by my middel en net die kant maak my bolyf toe. Die rok het 'n rokspleut aan die regterkant. My rok sit styf aan my bolyf maar die onderkant is losser vir meer beweging.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Merrifield College

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was nog altyd mal oor olyfgroen en dra graag klere wat olyfgroen is. Ek het gedink dit is gepas om my matriekafskeidrok my gunsteling kleur te maak. Die kant wat soos blare lyk wat op my rok groei, verteenwoordig olyfblare. Dit pas mooi by die tema van my matriekafskeid, Santorini, Griekeland. Ek het ook gedink dit is gepas aangesien olyfblare vrede en vriendskap verteenwoordig en vir my is my matriekafskeid oor my vriende en om die aand saam met hulle ten volle te geniet; om werlik die liefde , vrede en vreugde te ervaar wat in elkeen van my vriendskapsverhoudings geskep word. Ek is ook mal daaroor om plante te groei en te sien hoe hulle blom en volwasse word. Dit was dus die inspirasie vir my matriekafskeidrok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is die manier hoe die blare op my rok vollop is by my midel lyf en al hoe minder word hoe verder af jy gaan met die rok. Dit is vir my mooi, want dit lyk werklik soos 'n plant wat oor my middel groei.

Datum van matriekafskeid?

2024-05-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media