Natasha Joubert (Mej. Suid Afrika 2023) se rooi strikkie rok wat sy vir een fotosessie gedra het het haar baie langer laat vertoon agv die lae hals en n baie kleiner middel. N lae rug is vir my altyd baie vleiend.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Merensky Landbou Akademie
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek was n groot aanhanger van Melinda Bam (Mej. Suid Afrika 2011) se oranje rok wat sy in 2019 gedra het vir Vrouekeur se voorblad, asook Natasha Joubert (Mej. Suid Afrika 2023) se “Teal” rok se lang sleep, wat sy gedra het vit Mej. Heelal 2021, en veral Demi-Leigh Tebow (Mej. Suid Afrika 2017 en Mej. Heelal 2017) se skitter rok wat sy gedra het by die kroning van Mej. Heelal 2017.
Met al daar die idees in my gedagtes wou ek nog altyd n “burnt orange” rok gehad het want ek is versot op herfskleure.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Dis vir my nogals moeilik om te kies… maar as ek moet, sal ek sê my rok se lae rug en die krale wat geborduur is, oor my heupe.