Milezaan Lategan

Helpmekaar Kollege

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

“Elegance is not about being noticed, it’s about being remembered”
Ja ,ek het ook ‘n prentjie gehad soos almal oor DIE rok en nog steeds gewik en weeg! My ma het altyd gese, jy moet onthou word die aand en kan terug kyk 10 jaar van nou en nog steeds mal wees daaroor.
Ek het vele rokke gaan pas en ja dit was mooi maar ek was opsoek na daai “WOW factor” en tog was my prentjie heeltyd in my kop vir meer as ‘n jaar! ‘n Maand voor die afskeid het ek nog nie my rok gehad nie. Toe besluit ek die rok gaan ek maak, gaan kyk vir lap en was mal oor die “bling” lap en geweet dit is die kleur wat ek nog altyd wou he, want ek is mal oor aardse kleure en natuurlik is die anders. Ek hou van anders 😉. Ek het my rok laatmaak en binne ‘n week was my droom rok gedoen! Nes die prentjie wat ek altyd in my kop gehad het na vele rokke aanpas, rond ry en designers ontmoet.
Niemand het verwag dat ek so iets sal dra nie maar ek het die confidence gehad en ek het die rok gedra en die rok het beslis nie my gedra nie! Die hele dag was net amazing van die grimering en fotosessie tot die aand laat in te dans! Ek het wonderlike gevoel en beslis ‘n dag wat ek altyd sal onthou!
My rok was “sleak” ,stylvol en elegant!

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media