Milahn Basson

DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou my rok baie eenvoudig en elegant hou, ek is nie mal oor te veel vrille en valle nie. Iets tydloos. Ek het 'n foto op Pinterest gekry waarvan ek baie gehou het. My ma se vriendin het 'n Bridal Boutique. My ma het toe vir haar gevra of sy iemand het wat dit vir my kan maak. Die tannie wat vir hulle verstellings ens doen, het toe my rok vir my gemaak. Die rok in die prentjie is blou, maar ek het besluit op wynrooi, die kleur lyk die mooiste by my ligte vel en groen oë. Die 'strik' gedeelte met sleep agter is los van die rok, ek kan dit afhaal as ek my rok weer wil dra en iets meer envoudig soek. Ek was baaaaie gelukkig met my eindresultaat. Al my bykomstighede was goud!!!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het deur baie prente gesoek op pinterest, ek het toe op 'n rok afgekom wat regtig vir my baie mooi en tydloos is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sjoe, ek kan nie kies nie!!! ALLES! Daar is nie een deel wat ek kan uitsonder nie.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media