Mila Steyn

HMS La Rochelle

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was nooit ‘n defnitiewe prentjie of patroon nie. Dit was meer ‘n idee in my kop. As ek die rok sien, sal ek weet dis die regte een. Dit moet n “wow” effek hê. Ek het my rok in die venster van n klein boutique in George gesien. Dit het dadelik my oog gevang, en ek was onmiddellik verlief op die rok. Die ontwerper, Andreo, het my visie perfek vasgevang. Dit was anders en uniek. Dít was my Oscars-rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

HMS La Rochelle

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het nog altyd baie van mode gehou en wou ‘n rok hê wat die glans en elegansie van die Oscars vasvang. Ek wou iets hê wat my sou laat voel asof ek op die rooi tapyt loop. Die glinsterende materiaal het beide die opwindenheid van die aand en die tydlose aanloklikheid van Hollywood se beste oomblike vasgevang. Dit was my manier om n klein bietjie “Oscar-magic” by my eie spesiale aand te voeg.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek was mal oor die glinsterende materiaal van die rok en die blink krale detail. Natuurlik was die slit die “showstopper”

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media