Mila Badenhorst

Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is lank, helderpienk en het ‘n halternek met ‘n lae rug. Die materiaal is geplooi. Die onderkant bestaan uit drie lae van verskillende lengtes met ‘n hoë spleet aan die voorkant wat sag oopval as ek loop. Die bokant is voor laag gesny in ‘n V-snit en die bo- en onderkant word bymekaargebring deur ‘n strook materiaal wat noupassend is.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was van die begin af seker dat ek ‘n helderpienk rok wou hê. Die idee vir die halternek het gekom van ‘n gunsteling top van my wat ek graag in die somer dra. Die onderkant is ‘n kombinasie van rokke wat ek al raakgesien het en baie van gehou het. Só het ek die idee van die geplooide materiaal, die spleet en die drie sagte valle bymekaargesit om by my droomrok uit te kom.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die rok was in sy geheel my gunsteling; die kleur, styl en materiaal. Dit het my perfek gepas en dis als waaroor ek gedroom het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media