Mikayla Venter

Klerksdorp Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was mauve-pers en het basies bestaan uit glitter! Hy het n A-lyn snit met n baie wye romp en sy bo-kant was n korset wat op my rug in diamant vorm ryg. Die kant op my bostuk vloei egalig in my romp en op my bandjies wat n gevoel van vloeiendheid skep. My halslyn is bietjie hoër en het n effense ronding wat my bo-lyf komplimenteer. Die binnekant van my rok is gemaak uit my oorlede ouma se gunsteling hemp en dele van die kant het in die binnekant van my rok se soom uitgevloei. Om dit kort op te som : MY DROOM ROK!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Klerksdorp Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My grootste inspirasie vir my rok was definitief GLITTER ! My halslyn is ook geïnspireer deur die halslyne van die rokke op die tv reeks , Bridgerton. SPROKIESMOOI!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok was beslis die binnekant wat gemaak is uit my oorlede ouma se gunsteling hemp wat baie herinneringe en n gevoel van nostalgië ontwaak het. Sy was op hierdie manier heel aand lank SAAM my. En dan ook natuurlik die rok wat basies bestaan het uit GLITTER !!!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media