Mikayla Prinsloo
Hoërskool Stellenberg



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Toe ek begin dink het aan my matriekafskeid rok het ek 3 dinge in gedagte gehad. Pienk, skitterend en elegant. Dit is wat ek by Pinterest ingetik het en toe ek n foto naby aan die idee in my kop gekry het, was ek reg om daai idee n werklikheid te maak.
Ek wou ’n rok gehad het wat my klassieke styl weerspieël en wat my persoonlikheid perfek uitbeeld. Stanzche creations Designer het my droomrok ’n werklikheid gemaak. Ek het geweet ek my juweliersware moet ook pas by die klassiek styl en daarom het ek besluit om my ouma se pêrels te dra.
Op die einde van die dag was die belangrikste dat ek gemaklik, mooi en gelukkig voel in my rok. Dit is n rok wat ek vir jare en jare sal oppas.