Mikayla Albers
Hoërskool Centurion
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek wou nog altyd ‘n konings blou rok gedra het. Ek wou gehad het dat my rok elegant maar tog ook spelerig moes wees. Die bokant van my rok het n lae rug met ‘n diep neklyn wat met fyn blomme details omhels word wat in my romp in vloei. My romp het verskeie lae wat met glinsters bedek is om volume maar ook vloeiendheid te skep.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Van kleins af het ek gedroom oor my matriek afskeid en n rok wat ander se koppe sal laat draai, na vele rokke wat ek aangepas het kon ek nie die perfekte rok kry nie. Ek het toe al my idees na Carike Nel toe gevat waar sy alles vasgevang het op papier om my droom rok n realiteit te maak wat my persoonlikheid perfek uitgebeeld het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Ek sou se dat elke deel van my rok my gunsteling was omdat die rok uniek aan my was en ek kon deel wees van die ontwerp van my rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-20