Mikah Swanepoel
Hoërskool Waterkloof
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is navy met ‘n sagte geplooide tulle korset, opgekikker met kristalle en pêrels. My romp was 'n A-lyn van satyn met'n laag glinster tulle bo-oor om die satyn mooi af te rond vir 'n bietjie 'glitter en glam'. My idee was dat ek 'n baie wye romp ook wou hê. Om bietjie struktuur aan my wye romp gedeelte te gee het ek besluit op 'n 'shimmer' stywe tulle as basis te gebruik met sagte vloeiende tulle bo-oor. Die wye romp sou deel wees van my rok/romp maar ek het besluit om dit apart van die rok by te bring sodat dit 'n verrassings effek skep wanneer ek hom afhaal. My moue was ook van die sagte tulle en met silwer kristal steentjies en pêrels versier om dit op te kikker. Ek het hierdie idee van 'n wit moderne trourok op pinterest gekry en besluit om dit my eie te maak... ek wou ANDERS lyk!!!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Waterkloof
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My oorspronklike gedagte van my rok was heeltemal 'n ander tipe ontwerp wat nie naastenby soos my finale rok gelyk het nie. Ek het ander opsies oorweeg en vandaar my inspirasie van die wit trourok se korset gekry en gedink om die rok se kleur na navy te verander wat goed sou pas by my blas vel.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was definitief die inryg korset, ons het dit juis so ontwerp dat dit die hoof fokus moet wees, plein maar treffend en dan natuurlik die feit dat ek eintlik 2 rokke het, aangesien my boonste wye Tulle romp los was van my oorspronklike A-lyn romp.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19