My rok is ontwerk deur Carike Nel Designs. Die lig pers rok het 'n noupassend korset gehad wat met blomme versier is. Die blomme borduurwerk het stelselmating oorgevloei in die romp gedeelte. Die romp was n eenvoudige maar vroulike tule-ontwerp om aan te sluit by die romantiese voorkoms wat ek voorgestel het.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Afrikaans Hoër Meisies Skool Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het myself altyd voorgestel in n nousluitdende rok maar het inspirasie gekry van verskeie Instagram bladsye en myself begin voorstel in iets meer romanties en vroulik. Ek wou voel soos n prinses.
Die kleur was nie vasgemaak nie maar met die hulp van Carike Nel het ek op die ligte pers kleur besluit. Dalk het die jaarlikse Jakaranda bloeisels wat my omring het in my tyd by Meisies Hoër, die kleur inspireer :)
Ek is mal oor blomme en wou dit inkorporeer in my rok.
Carike het my idees in werklikheid omskep en die rok gemaak om my visie van die ideale ontwerp perfek tot realiteit gebring.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my rok is die Corset. Die Corset het alles wat ek voorgestel het in my rok saamgevat. Die blomme, die romanse en die silhouette.