Mika Theron

Hoërskool Linden

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Matriekafskeid was een van die hoogtepunte van my Hoërskoolloopbaan gewees, nee…van my lewe. Mei-maand het my rok al vir my gewag. My rok is deur die talentvolle Hetta van Elegant Designs By Hetta gemaak. Tannie Hetta het my ma se trourok 30 jaar gelede gemaak en sy het weereens nie teleurgestel nie. My rok is natuurlik van die mooiste ,luuksste materiaal gemaak.Die oomblik toe ek die 2 lae materiaal gesien het, het ek geweet .Onder die lieflike blou satyn en bo-op die fyn kant met goue fyn krale versierings, het ek geweet .Almal het hul verkyk aan die fynste kralewerk in die lieflikste goue patrone.Die rok was swaar,( meer as 3kg)besonder swaar soos geen gewone rok is nie met die duisende fyn versierings. In die mooiste goue patroontjies op die materiaal “geskilder” met kraletjies. Sommige patroontjies is met die hand op die materiaal “geskilder”.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja, Hoërskool Linden, 20 September 2024

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Pinterest is ‘n meisie se beste maatjie wanneer dit kom by inspirasie vir my matriekafskeidrok idees. Ek wou iets eenvoudig maar luuks gehad het. Van altyd af het ek geweet wat ek wou hê...Nie 'n rok met 'n ingewikkelde patroon , valle ,knope en 'n sleep nie, maar 'n eenvoudige rok wat almal raaksien. Almal het hul verkyk aan die fynste kralewerk in die lieflikste goue patrone. Ek wou ook altyd ‘n rok gehad het sonder moue, dit het die dans vir my soveel meer vergemaklik en lyk natuurlik stylvol terselfdertyd. My droom het werklik ‘n werklikheid geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van die rok, is definitief die “dentelle” wat oor die blou satyn val met handgesteekte patrone op. Die oomblik wanneer ek in die sonlig gestaan het, het die rok verhelder en soos my vreugde uitgestraal.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media