Mika Krűger

Goudveld Hoёrskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ons het die Bloemfonteinse ontwerper, Casper Bosman genader om my rok te maak. Na ‘n deuglike kleur analise het ons besluit op ‘n roosgoud rok. Die sylap was deurtrek met klein glinsterende skyfies “sequins” wat in die lig reflekteer. Die lang moue was deursigtig wat bedek is met verskillende grote stene, kristalle en is van die materiaal se skyfies “sequins” ook gebruik om in te vloei. Daar is van die lap se kraletjies oor die nate gewerk om die rok naatloos te laat vertoon. Klein oorgetrekte knopies is gebruik om te verseker dat die moue perfek sit. Die agterkant van die rok het ‘n lae ruglyn. Die klein oorgetrekte knopies is vanaf die lae rug tot by die agterkantse spleet herhaal soos by die moue om te verseker dat die rok gemaklik aantgetrek kan word en het die lang agterste spleet my baie beweeg ruimte gegee.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daar is ‘n gesegde wat sê: “Leave a little sparkle wherever you go”. Dit is waar die ontwerp van my rok ontstaan het. My inspirasie vir my rok kom vanuit herrinneringe. Dans en kompetisies was dertien jaar deel van my lewe, en daar het ek my liefde vir blink kledingstukke ontwikkel. Ek het vir Casper kortliks verduidelik wat ek in gedagte het en het hy my rok geskets, van daar af het die idees net begin vloei. Elke aanpassing was vir my só spesiaal en ek sal hierdie onvergeetlike oomblikke verewig Koester.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is verseker die deursigtige moue wat bedek is met verskillende stene, kristalle en die fynere besonderhede wat jy kan waarneem op die agterkant van my rok. Ek glo dat elke rok ‘n deel van ‘n mens se persoonlikheid vertel,myne was beslis my sprankelende persoonlikheid wat nie bang is om te waag en uit te staan nie!

Datum van matriekafskeid?

2024-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media