Mienke Rossouw

Hoërskool Noordheuwel

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Stomgeslaan, Verras en Opgewonde!

My eerste indruk toe ek my rok vir die finale passing gesien het. My leë “canvas” was uiteindelik deur die kunstenaars geraak en ń stukkie van ons (ek en die ontwerpers) se persoonlikhede was in my rok geëts.

Die ontwerpers , Johan, Heinrich en hulle span, van Johan Botha Fashion Design het beslis my verwagtinge oorskry. Met te veel lag, skerts oor alombekendes en deurmekaardheid was my rok (en hulle kunswerk) stukkie vir stukkie bymekaar gesit. Ek en die ontwerpers het beslis dieselfde siening gehad en alhoewel ek onseker was in die begin of hul my visie kon sien, het hulle my verras met hul handewerk.

Ek glo vas kunstenaars moenie beperk wees tot een idee toe nie en ek het vir Johan-hulle alle vryheid gegee om te doen wat hulle wou doen ek het net die kleur vir hulle gegee en gesê ek soek graag ń a-simmetriese rok.

Die foto’s was deur Tyron K Zerf photography. Die aantreklike jong man, Dp van Zyl, in een van die foto’s was my metgesel (kêrel).

Ek glo vas almal se rokke het stukkies van hul persoonlikhede in en dat matriekafskeid ń goeie verwelkoming vir ons as jong volwassenes in die grootmens wêreld is. En as een van die meisies hierdie lees wat ingeskryf het vir die kompetisie – julle rokke was absoluut stunning❤️

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media