Mieke-Nell van Rensburg

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het aanvanklik ‘n ander idee gehad vir ‘n rok, maar na die groot materiaal soektog van 2024 het hierdie materiaal my nuwe inspirasie gegee. My hele visie het verander. Daar was verskillende kleur opsies, maar ek het pers gekies omdat dit my gunstelingkleur is. Alhoewel die materiaal verander het, het ek by die oorspronklike styl gehou wat ek gekies het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

'n Tikkie drama, 'n tikkie romantiek, en 'n tikkie elegansie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok het in die daglig vloeiend en vroulik vertoon en in die aand was dit meer dramaties soos die sequins die lig weerkaats het. Ek hou van die tydloosheid en tikkie romantiek van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media