Mieke May Greyling
Hoerskool Durbanville
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Van kleins af wou ek 'n pers matriekafskeidrok gehad het omdat dit nog altyd my gunsteling kleur was. Die korset het ek al van graad 8 af op besluit toe dit my broer se matriek afgskeid was.
Oorspronklik wou ek 'n lang prinses rok gedoen het, maar toe het my ma vir my 'n foto van 'n kort rok gestuur, wat my verlief gemaak het op die idee.
Ek hou van dans en ek wou nie bekommerd wees dat iemand op my rok gaan trap en dit skeur nie. Die kort rok idee het net meer soos die beter keuse gelyk.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoerskool Durbanville
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het ballet gedoen van vier jaar oud, maar ek moes ophou in graad tien. Ek wou fokus op my akademie, want die vlak waar ek op was met ballet het vereis dat ek 3 maal 'n week moes oefen. Die rok het vir my 'n geleentheid gegee om vir die laaste keer weer soos 'n ballerina te voel.
Tannie Ilse Roux het my visie 'n realiteit gemaak.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Absoluut alles. Van die korset, die agterkant tot die romp van my rok.
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19