Michelle Naude
AHMP



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Rooi was nog altyd my gustelling kleur. My moto in die lewe is "Live Original" en daarom wou ek vir my matriekafskeid nie 'n rok koop nie maar wou ek graag 'n rok laat maak, al voel ek dit is soms bietjie waaghalsig. Ek wou iets dra wat my persoonlikheid uitbeeld. Ek wou graag 'n eenvoudige, elegante en stylvolle rok vir my matriekafskeid gehad het waar die glimlag op my gesig boekdele kon spreek. Met die hulp van my ontwerpster, Elmarie Jooste Couture, kon ons hierdie droom van my in 'n werklikheid verander.