Michelle Arendse

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gegaan met die kleur silwer met glinser elemente. Die ontwerpkeuse vir 'n silwer glinsterrok was deurlopend in verskeie dele van my rok. Die lengte van my rok was net effens onder my enkels en die algehele uistraling het gemaak dit gepas was vir 'n formele geleentheid Die gebruik van sequins en satyn asook applique was deurlopend by die rok en het gedui op 'n vorm van elegansie en styl. Hierdie gebruik van materiaal het die lig weerkaats wat aandag getrek het tot die boonste deel van my rok wat in die vorm van blare was. Die rok was gepas vir my liggaamsbou met die insluiting van 'n corset asook 'n slit wat my regterbeen uitlig.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir hierdie rok was beslis 'glits en glamour'. Ek het beoog om dramaties te wees deur om soveel as moontlik glinser by my rok in te sluit sonder om die detail van die rok af weg te neem. Die glansende materiaal vang die lig op 'n magiese manier wat my laat uitstaan het. Die inspirasie van hierdie rok spruit vanuit die idee van ' n ster wat helder skyn, en die drang om die besonderse oomblik van my matriekafskeid te vier. Hierdie rok weërspiel gevoelens van selfvertroue terwyl dit ook herinneringe roep van tydlose glam van die verlede. Die kleur silwer simboliseer eleganse en grasie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunstelling deel van my rok was beslis die boonste deel wat in die vorm van blare was wat handgemaak was deur my eie ma en my rokontwerper het ook 'n beduiende rol gespeel. Dit is van strass klippe gemaak ook in die vorm van 'n v-lyn wat gepas was vir die Tema wat gehandel het oor die natuur. Dit skep 'n gevoel van selvertroue en krag en het bygedrae tot die eleganse van my rok.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media