Michay Winter



Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Ek is gewoonlik die skaam meisie agter in die klas, maar ek het geweet ek wil ’n stelling maak vir my matriekdans.
Ek was nooit heeltemal seker hoe ek wou hê die rok moes lyk totdat ek die materiaal gesien het nie. Ek het net geweet ek wil 'n rok hê wat my soos 'n prinses laat voel, iets wat almal in die kamer sal laat sê, "WOW''. Met die hulp van my fantastiese kleremaker, Linda Olivier, my gesketsde ontwerp en ons dinkskrumsessies in die kar, het die rok van my drome lewe gekry.
Die bloeisels verteenwoordig my groei tot 'n elegante en selfversekerde jong dame in my hoërskoolloopbaan. Ek is mal oor die sagtheid van my rok met die roos-goue aksente om dit aan te vul. Dit beweeg pragtig op die dansvloer en my gunsteling deel van die rok is hoe veelsydig dit is. Die sjiffonmoue kan op verskeie maniere gestileer word en kan ook afknip, ek sal beslis weer my rok kan dra.
Ek dink hierdie rok verteenwoordig regtig wie ek is: 'n kunssinnige, musikale ballerina.