Michaela Van Der Merwe

Rob Ferreira Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is mal oor " vintage"!. Ek het prentjies bymekaar gemaak om idees te kry vanaf Graad 9 , ek wou ń rok hê wat anders en besonders is.
My rok is baie spesiaal en sentimenteel. My Ouma se sussie in Natal het dit vir my gemaak, dit was ń avontuur vir my om op ń bus te klim en vanaf Mpumalanga tot Natal toe te ry om my rok te maak met baie liefde en vreugde van begin tot einde.
My rok is van sy en kant gemaak, ek wou ń rok hê wat "vintage" en elegant lyk. Die kant het pêrels en kristalle op geborduur. Ek was mal oor die 3 stuk idee, iets anders en besonders wat my persoonlikheid uitbeeld.
Die eerste keer toe ek my rok aanpas kon ek nie ophou glimlag nie en geweet dit was die beste ontwerp ooit wat ek kon gekies het.Op die dag van my Matriekafskeid , het ek rerig die heledag soos ń Prinses gevoel.
Ons het gesit en wonder hoe ons die bostuk  gaan keer om op te skuif wanner ek dans en rond beweeg , maar met baie idees het ons spesiale dubbelsuidige kleefband gekoop en dit het wonderlik gewerk.
My rok was baie gemaklik, deur al die die fotos , loop , hardloop en dans het ek sorgeloos en vry rond beweeg.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media