Michaela Smith

Hoërskool Waterkloof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die pastel-geel, was na lang gesprekke eintlik n impulsiewe besluit. Vir ‘n baie lang ruk was ek vasbeslote die kleur gaan koningsblou wees, maar ek het net nooit rustigheid in my hart daaroor gehad nie. Tydens die eerste gesprek met my rok ontwerper (Jospeh Anker) het ons besluit op die geel kleur, en was ek nog nie vir ‘n minuut spyt nie. Geel verteenwoordig immers geluk, sonskyn en vreugde. Presies hoe ek gevoel het op die dag. Die valle op my rok het 'haar' lewe gegee en die fyn pêrel knopies ‘n element van elegansie waarna elke matriek-dogter strewe.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Waterkloof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe ons begin het met hierdie proses was ek baie onseker wat ek wou hê. Iets wat my figuur kan komplimenteer (want mens is immers net een keer 18) maar steeds n rok waarin ek kon dans en een honderd persent myself kan wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Elke element en detail van die rok is waarlik ‘n gunsteling. Van die elegante v-vorm by die rug wat herhaal word onder die arms tot die sagte satyn wat my so vroulik laat voel het. Maar ek moet sê, daar was werklik iets ekstra spesiaal aan die lang sleep wat my gevolg het deur die aand se vieringe.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-19

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media