Miané Nell

Optimi homeschooling

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

n Klassieke, elegante, vloeiende ontwerp met sy unieke kleur wat my borrelende, saggeaarde persoonlikheid die beste kon uit beeld. Wat n gevoel van vryheid in n koninklike status geskep het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Afrikaans seuns hoër

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Om my kinderlike prinses drome te bewaarheid met sagtheid en glans te skitter na buite. Soos n sonstraal wat nooit gedemp kan word nie, maar tog ten selfde tyd my selfvertroue te vore kon bring.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Met sy twee in een ontwerp het dit vir my die beste van beide wêrelde gegee. Met die moue,was dit soos n vreugde volle vlinder wat deur n grasveld van blomme sweef, sorgeloos en vry. Haal ek die moue af is dit soos n selfversekerde koninging met die wêreld aan haar voete.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media