Miané Muller
Hoërskool Vryburg
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My hele skoolloopbaan was ek, soos my ma altyd sê, hoog by die nek en laag by die voete. Ek het net besluit dat ek iets anders wou hê, maar nogsteeds myself wou wees. So het ek besluit om n rok sonder enige bandjies te dra en wat agter soos n korset toeruig. Van kleins af wou ek altyd met n prins trou en n prinsess word. Ek het groot geword en besluit om op my eie n prinses te wees! Die koningsblou lap het my drome waar gemaak. In hierdie rok het ek soos n prinses gevoel!
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Vryburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het glad nie geweet hoe ek wou lyk nie. Dit was my niggie wat my grootste insperasie was. Dit was sy wat dié blou vir my gewys het en dit was een van haar trourok opsies wat in my kop wasgesteek het. Ek het toe besluit op hierdie koningsblou prinses rook. Ak ek draai moes ek soos aspoestertjie voel. My enigste vereiste was net dat my ma my rok moes maak. Sy is nie n ontwerper of iets nie en het nog nooit so n rok gemaak nie, maar vir my het sy probeer. Sy het dit defnitief reggekry!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die pofferige deel was sonder twyfel my gunsteling deel. Om na hoeveelkeer se raak steek en talle 'pas gou aan''s in my rok te staan en te draai sodat al die lap oplig en saam met my draai. Om uiteindelik soos n prinses te voel. Dit was vir my so waardevol dat my familie ook deel aan my rok se beplanning gehad het.Van my tannie en niggie wat saam met ons was om rokke te pas en materiaal te soek, tot my ma wat op die einde die rok gemaak het.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-03