Mianda de Wit

Hoërskool Kempton Park

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is nie vir my ontwerp nie. Ek het dit by Bride & Co gekoop. Die rok het dadelik my aandag getrek toe ek dit op die winkelpop gesien het. Maar ek was nie seker of die ligte pers by my velkleur sou pas nie. Toe ek dit aangepas het was dit egter pragtig en het perfek by my figuur gepas. Ek was baie gelukkig om die eerste keer wat ek gaan rok soek het die mooiste rok te kon vind.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Kempton Park

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Omdat ek nie regtig rokke dra nie was ek nie seker oor die tipe rok wat by my sal pas nie. Al wat ek geweet het is dat ek bitter graag n lang rok met n "slit" wou dra wat my soos n prinses sal laat voel. Toe ek die rok aangepas het was ek baie opgewonde. Want dit was perfek vir my en ek het soos n prinses gevoel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek het baie van die "pearl white sequins" op my rok gehou want dit het my rok se kleur laat verander tussen ligte pers, terkoois, pienk en wit in verskillende soorte lig. Maar my absolute gunstelling deel van my rok is dat my hele rug oop was. Dit was net toegeryg met fyn toutjies.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-21

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media