Mia van der Westhuizen

Hoërskool Zwartkop

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die rok het ń lig pienk onderlaag wat bedek is met ń wit sequin bo-laag. Dit gee die rok ń blink en amper pêrelrige voorkoms. Natuurlik het die rok ook ń hoë slit wat my figuur vlei sowel as ń moulose bokant. Dit het ook ń oop rug wat met toutjies verbind is om perfek by my liggaamsvorm aan te pas.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Zwartkop

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Daardie klassieke Rooi Tapyt rokke. Die pragtige ontwerp en die manier waarop hulle 'n verhaal vertel oor die draer, het my aangespoor om my matriekafskeid rok uniek en spesiaal te maak. Ek wou die glans en selfvertroue van dié rokke ervaar deur my eie Rooi Tapyt rok te ontwerp.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Ek is verlief op die moulose ontwerp van die rok wat my skouers en sleutelbeen beklemtoon sowel as die hoë slit wat ń gevoel van vryheid en beweging bewerkstellig. Albei dele skep ń elegante en vroulike voorkoms wat die tipe mens wat ek is, duidelik uitbeeld.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media