Mia Pronk

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou graag 'n romantiese maar tog jeugdige rok dra. Die materiaal en kleur het my onmiddellik betower en Corné het die prentjie volmaak afgerond met haar fyn, vlytige vingers. My rok moes soos die perfekte matriekafskeid metgesel wees ... gemaklik en heerlik om mee te dans! My rok was dit alles en soveel meer op 'n onvergeetlike spesiale aand!

Skool se matriekafskeid bygewoon?

AHMP

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Om jonk te wees! My rok het die vreugde van jonkwees verpersoonlik en die voorreg om hierdie wonderlike geleentheid te vier! Die kleur was sterk en tog sag - geen muurblommetjie nie! Sterk en dapper soos ons generasie maar ook sag en jonk om die einde van my skoolloopbaan te herdenk!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die materiaal het gelewe en elke draai het die pragtige romp se blommetjies behoorlik ten toon gestel.

Datum van matriekafskeid?

2024-10-05

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media