Mia Oosthuizen

Hoërskool Wesvalia

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Van kleintyd af het ek gedroom van die perfekte matriekafskeid, met die pragtigste rok! Voor ek my oë kon uitvee het die tyd aangebreek daarvoor. Ek het met 2 idees na Anel Botha Couture gegaan en met dit het sy my droomrok 'n werklikheid gemaak. My rok is gemaak uit gekraalleerde kant, met Swarovski steentjies wat fyn met die hand opgewerk is, wat dit omskep het in 'n elegante, stylvolle meesterstuk.Baie dankie aan Anel Botha Couture, Mariette Walt Lifestyle Photographer en almal wat my dag so spesiaal gemaak het.

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media