Mia Lombard

Hoërskool Montana

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Vandat ek 'n klein dogtertjie is, droom ek daaroor om eendag 'n pienk rok te kon dra. Hierdie droom van my het waar geword. Ek wou 'n unieke styl gehad het en iets wat iets anders was wat ek nog niemand mee gesien het nie. My rok is stylvol, elegant en staan definitief uit tussen ander rokke.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was eendag op Pinterest en het op 'n baie rowwe skets van 'n helder pienk rok afgekom. Ek was dadelik verlief op die kleur en die interessante styl van die rok. Die rok laat my dink aan wat een van my gunsteling aktrises "Priyanka Chopra" sal dra. Sy was definitief een van my inspirasie met hierdie rok. Haar elegante styl inspireer my vreeslik baie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok was die kleur van my rok en die sarie wat oor my arm kom. Dit was soos 'n legkaart om die sarie perfek op die rok te kry, maar dit is wat die rok laat uitstaan en wat jy eerste raaksien.

Datum van matriekafskeid?

2024-07-20

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media