Mia Kotze

Curro Durbanville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het altyd geweet ek wil vir my matriekafskeid 'n kleur hê wat nie op die kleurwiel verskyn nie. Roosgoud pas ook perfek by my gelaatskleur en is sagter as die ander metaalkleure. Ek wou graag 'n sagte, maar stylvolle "Old Hollywood" voorkoms skep. Ek is baie besluiteloos en het kon tot reg teen die die einde nie besluit of ek 'n nousluitende of wye rok met lae valle wou hê nie - daarom het ek besluit om die twee style te kombineer. My matriekafskeidrok het dus uit twee verskillende rokke met drie lae bestaan. Die eerste laag is tulle met roosgoud glinster kraletejies en die tweede laag is "beaded lace". My onwerper, Yolande Kruger het die kraletjies in 'n unieke ontwerp aan die bo-stuk en teen die kante van my rok vasgewerk. Die derde laag is 'n sagte, langmou jassie met uitklok moutjies en drie lae valle van tulle. Ek kon die jassie uittrek as ek wou, maar met die Kaapse weer wat in September drie seisoende in een dag is, het ek die jassie die hele aand gedra. Die jassie het 'n dun gordeltjie van blinkertjies wat ek om my middel kon vasmaak, sodat dit in drie lae valle na onder uitklok. Die nousluitende gedeelte van my rok het 'n hoë spleet langs die kant en 'n lae rug.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja - Curro Durbanville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie was ou Hollywood glans en styl en die manier waarop aktrises soos Grace Kelly en Marilyn Monroe hul aandrokke met soveel grasie en styl op die rooi tapyt gedra het. Ek wou iets soortgelyks skep. Ek hou glad nie van oordadigheid nie en die twee rokke gekombineerd het 'n subtiele, maar treffende voorkoms geskep. Niks moes my ook krap of pla of heeltyd reggeskuif word nie. Ek wou 'n gemaklike rok hê waarin ek maklik kon dans en beweeg. Ek het ook nog altyd ses tot sewe dae per week aan sport deelgeneem en het soveel van ons skooldanse gemis as gevolg van sport. Ek wou wys dat ek darem ook 'n halwe modesin het en iets anders as 'n natgeswete pet en sportklere met selfvertroue kan dra!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kraletjie-werk aan die bo-stuk van my rok en die sagte valle jassie van tulle. My rok was gemaklik maar treffend. Dit het my persoonlikheid perfek gepas en ek het regtig soos 'n Hollywood-aktrise gevoel! Ek is so dankbaar teenoor my ouers en my ontwerper dat hulle my toegelaat het om my Hoërskoolloopbaan op so 'n hoë noot te kon eindig!

Datum van matriekafskeid?

2024-09-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media