Mia de Klerk

Hoër Meisieskool Bloemhof

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n elegante, vloerlengte satyn rok met 'n helder diep oranje kleur. Die lyfie van die rok het 'n korset geïnspireerde ontwerp met gedetailleerde en verspreide kralewerk. Dit het ook 'n lae neklyn en fyn bandjies oor die skouers. Die romp gedeelte van my rok is vol en vloeiend met 'n slit aan die linker kant. Agter op die rug, volg die verspreide kralewerk om die rok af te rond.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoër Meisieskool Bloemhof

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Met die hulp van my ontwerper, Ilse Roux, het ons hierdie ontwerp en kleur gekies omdat ek iets buitengewoon en opvallend wou hê, maar wat steeds sofistikasie en elegansie oordra. Ek wou 'n rok kies wat my met baie gemak en selfvertroue die aand geniet.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is beslis die helder en diep oranje kleur. Ek het hierdie kleur gekies omdat dit uniek is en dadelik my oog gevang het.

Datum van matriekafskeid?

2024-09-18

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media